SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

ROOI JAN REEKS - SIRKEL BOEKE

Die Rooi Jan reeks speel af gedurende die Groot Trek. Die hoof karater in die storie is Rooi Jan wat kragtig gebou is soos 'n wafferse Tarzan homself. Hy is slegs bewapen met 'n vlymskerp jagmes, vuurslag, tonteldoos en 'n gebreide osriem oor sy linker skouer en om sy bolyf gedraai. Saam met hom is 'n grysvaal hond met die naam van Leeu asook sy glimmende swart hings genaamd Blits. Sedert Rooi Jan vir Jeanette gered het uit die greep van inboorlinge is hulle onafskeidbaar saam op soek na aksie en avontuur. Hulle beleef dan ook die een na die ander baie interessante ondervinding. Hulle moet byvoorbeeld jong Trekkers wat geheimsinnig verdwyn het weer opspoor, 'n eienaardige vrekte onder die Trekkers se vee ondersoek en raak hulle ook op 'n keer deurmekaar met wapensmokkelaars. Dit en vele ander gevare moet hulle trotseer en soms wonder mens of hulle ooit lewendig ander kant gaan uitkom. Niemand hou egter rekening met die krag, moed en verstand van Rooi Jan nie, want hy is nie verniet di e Trekkers se bobaas spioen en ook 'n kranige leier van die Trekkers nie.

Die Rooi Jan reeks het baie gou die verbeelding van sy, veral jonger lesers aangegryp, alhoewel baie mense en veral die ouer geslag nie baie ooghare gehad het vir die betrokke reeks nie. Ten spyte daarvan is die reeks verskeie male uitgegee gedurende die vyftiger tot die tagtiger jare en seker die meeste kere herdruk van alle reekse. So ver vasgestel kon word sewe maal in totaal. Die hele reeks was egter nie elke keer uitgegee nie. Die eerste paar maal was slegs die eerste 24 boeke van die totaal van 40 boeke uitgegee, later is die reeks uitgebrei met 'n verdere 16 boeke en met die laaste uitgawe in die tagtiger jare, is net 32 van die 40 boeke weer uitgegee deur Sirkel Publikasies.

Casper H. Marais (Reinhard Hendriks) het die reeks geskryf en baie gou groot gewildheid verwerf met die betrokke reeks. Rooi Jan boeke is vandag hoog in aanvraag en feitlik onmoontlik om nog op te spoor, weens die gesogtheid daarvan by sagteband versamelaars en ook ander belangstellendes in die gegewe reeks. Vergeleke met die oorspronklike volgorde is die Sirkel uitgawes baie deurmekaar uitgegee en is van die titels ook verkort. Kyk gerus na "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

⭐ 32 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

32 Items
#1 Skrik van die wildernis

Skrik van die wildernis

Casper H. Maraiss 1980'
#2 Smokkelaars van Dingaan

Smokkelaars van Dingaan

Casper H. Maraiss 1980'
#3 Die kopjagters

Die kopjagters

Casper H. Maraiss 1980'
#4 Die woestaards van Tierberg

Die woestaards van Tierberg

Casper H. Maraiss 1980'
#5 Die wit renegaat

Die wit renegaat

Casper H. Maraiss 1980'
#6 Die rooilem-moordenaars

Die rooilem-moordenaars

Casper H. Maraiss 1980'
#7 Die heilige grot

Die heilige grot

Casper H. Maraiss 1980'
#8 En die rowers

En die rowers

Casper H. Maraiss 1980'
#9 Deur vloedwaters en vlamme

Deur vloedwaters en vlamme

Casper H. Maraiss 1980'
#10 Die vloek van Grootrivier

Die vloek van Grootrivier

Casper H. Maraiss 1980'
#11 Die dag van afrekening

Die dag van afrekening

Casper H. Maraiss 1980'
#12 Die swart kommando

Die swart kommando

Casper H. Maraiss 1980'
#13 In die leeu kuil

In die leeu kuil

Casper H. Maraiss 1980'
#14 Slaags met 'n gruwelbende

Slaags met 'n gruwelbende

Casper H. Maraiss 1980'
#15 Jagters van die wit hart

Jagters van die wit hart

Casper H. Maraiss 1980'
#16 Die gifdraers

Die gifdraers

Casper H. Maraiss 1980'
#17 Die swart arend

Die swart arend

Casper H. Maraiss 1980'
#18 Die skedeldraers

Die skedeldraers

Casper H. Maraiss 1980'
#19 Die valk

Die valk

Casper H. Maraiss 1980'
#20 Nag van onheil

Nag van onheil

Casper H. Maraiss 1980'
#21 Skeur van die dood

Skeur van die dood

Casper H. Maraiss 1980'
#22 Maanhaar van die berge

Maanhaar van die berge

Casper H. Maraiss 1980'
#23 En die vampiere

En die vampiere

Casper H. Maraiss 1980'
#24 Sluipers van die slykmoeras

Sluipers van die slykmoeras

Casper H. Maraiss 1980'
#25 Die wit mamba

Die wit mamba

Casper H. Maraiss 1980'
#26 Die swart boesmans

Die swart boesmans

Casper H. Maraiss 1980'
#27 Spore van die aasvoël

Spore van die aasvoël

Casper H. Maraiss 1980'
#28 Die swart boogskutters

Die swart boogskutters

Casper H. Maraiss 1980'
#29 Bloedspoor van die goue stoel

Bloedspoor van die goue stoel

Casper H. Maraiss 1980'
#30 Dag van die groot slagting

Dag van die groot slagting

Casper H. Maraiss 1980'
#31 Muiters van die swart arend

Muiters van die swart arend

Casper H. Maraiss 1980'
#32 Heerser van die oerwoud

Heerser van die oerwoud

Casper H. Maraiss 1980'